Klub Archer's Edge - Laerskool Boogskiet!
Boogskiet te Archer’s Edge
Boogskiet is ‘n sport wat konsentrasie, fokus, dissipline, geduld, uithoevermoe, psigiese en fisiese fiksheid verg en bevorder. Provinsiale en Nasionale kleure kan in verskilllende dissiplines verwerf word.
Skuts word in kategorie ingedeel:
- 0-9 jaar
- 9-12 jaar
- 13-17 jaar en;
- 18+ jaar.
Daar is verskillende dissiplines van binne tot buite skiet, van kolle tot 2D en 3D Rubber teikens. Archer’s Edge behoort aan al die Boogskiet federasies, asook Noord Gauteng/Gauteng, om sodoende kleure te kan verwerf.
Doelwitte vir volgende 2 jaar
Ons sal graag wil he elke kind moet groei volgens sy/haar potensiaal. Die kwalifiserende siklusse hardloop van Apr-Apr (IFAA Indoor), Mrt – Mrt (IFAA Outdoor) en ander weer van Jan tot Nov (ABO), afhangende van watter dissiplines geskiet word. Kalender is reeds beskikbaar. Ons sal graag wil die kinders bloot stel aan deelname in kompetisies in verskillende Dissiplines (IFAA, ABO, WA). Die begin is baie informeel en die hoof doel is om dit te geniet. Hoe ernstig elke kompetisie benader moet word, word bepaal deur elke skut se doel. Met Redge Grant en sy span by Archer’s Edge is daar genoegsame kennis en ondervinding om die kinders te help groei.
Kompetisies
Luzanne en die Archer’s Edge Club lede, skiet meeste kompetisies en hulle neem skuts saam met hul, onder hul vlerk om hulle gemaklik in die boogskiet in te kry. Daar is n Boogskiet Skool whatsapp groep waar ons al die inligting deur gee mbt verskillende dissiplines se kompetisies en wat vereis word om kleure te verwerf. Ons korrespondeer met die verskillende boogskiet federasies om die regte inligting deur te gee. Kompetisie kostes beloop tussen R250 – R320 (afhangende of dit n een dag of twee dag kompetisie is en watter dissipline. Elke dissipline het sy eie kategorie van toerusting, maar meeste word verdeel in geslag, ouderdom en tipe boog wat jy skiet. Jy kan of in die “boogjagter” kategorie skiet of in die “vryskut” kategorie skiet.
Kostes
Registrasie by Archer’s Edge: R70 per jaar. Dit sluit ook in alle administrasie wat benodig is om te kan Kleure verwerf. Fooi per les: R50 (sluit in groepsafrigting en n Plakker of Teiken wat gebruik word tydens oefening). Baan oefenfooie buite gewone groepsles (slegs veld): R50 per oefensessie (gebruik eie toerusting) Indien ‘n leerder nie boogtoerusing het nie en eers die gevoel van boogskiet wil kry, bied ons die opsie dat ‘n boog per sessie gehuur kan word. Dit sluit die gebruik van die boog, ‘n instrukteur, asook ‘n afrigtingsessie in, teen R450. Dit is ideaal vir ‘n beginner om belangstelling in die sportsoort te bepaal en help ook om die basiese beginsels vas te lê. Só ‘n sessie duur 60 minute.
Afrigters en hul kwalifikasies
Redge Grant – Eienaar (USA Coaching level 1 met meer as 25 jaar se ondervinding)
Luzanne Grant – (USA coaching level 1, Wereld Kampioen Veld Skut, Proteaskut (4 caps), Nationale Kampioen in 5 verskillende boogskiet dissiplines, 2021 Nationale Skut van die jaar toekenning verwerf, Suid Afrikaanse Rekordhouer in verskillende Dissiplines)
Hendre Scheepers en Bryce Siebrits –SA Kampioen, Protea Skut & Provinsiale en Nasionale kleure verwerf.
For More Info, please contact Archer’s Edge at 071 493 0020
Laerskool Boogskiet Groepsles
by Archer’s Edge op:
Dinsdae: 16:30-17:30 en
Donderdae: 15:30-16:30